Hier respekteer ons die kwalifikasies en kennis van ons kolegas in die toerisme en wildbewarings omgewing deur hulle ‘n bekostigbare opsie te bied om, volgens SA wetgewing, te voldoen aan die nodige vereistes rakende vuurwapen lisensies en toegewyde statusse.
Hierdie vergunning is slegs vir gelisensieërde Beroepsjagters, geregistreerde Veldgidse en Natuurbewaarders.
Hierdie Lid Tipe eindig op die verval datum van die geldige lisiensie of permit, tensy die hernuwing betyds ingedien word om die lidmaatskap te laat hernu vir die volgende termyn.
Beroeps Jagters moet nadat hulle Affiliaat Lidmaatskap gekies het die volgende dokumente in leesbare duidelike formaat op hul LID REKORD laai: ‘n afskrif van die lid se GELDIGE Beroeps Jagters Lisensie onder UPLOAD DOC’s. Hierdie dokument moet opdateer word voordat dit verval om opskorting van hierdie vergunnings lidmaarskap te verhoed.
Veld Gidse en Natuurbewaarders moet nadat hulle Affiliaat Lidmaatskap gekies het die volgende dokumente in leesbare duidelike formaat op hul LID REKORD laai: ‘n afskrif van die lid se GELDIGE Registrasie dokument van Departement Omgewingsake en Toerisme onder UPLOAD DOC’s. Hierdie dokument moet opdateer word voordat dit verval om opskorting van hierdie vergunnings lidmaarskap te verhoed.
NB! Kies EEN van die volgende opsies onder BEROEP op die elektroniese aansoek vorm om jou betrokke afslag te kwalifiseer: Beroeps Jagter óf Veld Gids óf Natuurbewaarder.