Uitvoerend
Bosveld Jagters moes, na geografies verspreide lede uitbreiding sedert 1969, lede groepeer en dit het gelei tot takke se ontstaan.
Weens die groeiende behoefte van individue wat georganiseerd wil groepeer is besluit om die “Aanlyn Tak” te stig en vuurwapen geesdriftiges die geleentheid te gee om afsonderlik aan te sluit en die voordele van SAPS geakkrediteerde lidmaatskap te geniet met uitgebreide voordele ook an Toegewyde Jag en Sportskiet kwalifikasies en statusse.
Waar lede in ‘n bepaalde geografiese wil groepeer in takke van 150 lede plus, bied bosveld Jagters ‘n platform, ondersteun deur ‘n bewese lede en aktiwiteit bestuurstelsel, om dit naatloos te doen. (Kontak die Uitvoerende Voorsitter gerus indien u sodanige behoefte het – Sien Uitvoerende Bestuursbesonderhede vir kontak detail))
Uitvoerend is derhalwe die Bestuursentum van Bosveld Jagters en huisves alle Aanlyn lede onder die E-Lid kategorie wat tans nie in hul onmiddelike omgewing beskik oor die nodige takstruktuur en/of skietbane en ander fasiliteite om hul passie vir die natuur, Jag en sportskiet uit te oefen nie.
Pietersburg
Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging is in Augustus 1969 gestig in Pietersburg.
Daar het in daardie stadium geen takke bestaan nie. Dit kan beskou word as die ontstaan van Pietersburg tak.
Die ledetal het gegroei tot een van die grootste takke.
Waterberg
Waterberg tak bedien die Mookgophong, Modimolle en Bela-Bela in die Waterberg Distrik van Limpopo.
Die tak was die eerste tak wat gestig is, naas Pietersburg tak met die behoefte van lede diens uitbreiding in naburige dorpe.
Hierdie aktiewe tak is op 13 Februarie 1993 gestig.
Letaba
Letaba tak van BJV is op 3 Februarie 1994 gestig met 31 lede. Die tak toon ‘n bestendige groei sodat daar tans meer as ‘n duisend lede in die tak is, wat dit die grootste nie-winsgewende organisasie in die omgewing maak.
Elke jaar word daar verskeie interessante aktiwiteite aangebied (sien die jaarprogram), met opleiding in jag en die natuur een van die vernaamste doelwitte – baie klem word veral gelê daarop om by kinders en jongmense ‘n liefde vir die natuur aan te kweek.
Letaba tak beskik oor ‘n natuurbewaringsgebied net buite die dorp, waarvan die ontwikkeling tans aan die gang is. Die helfte van die gebied is reeds met wildwerende heining toegespan met behulp van borge en daar word steeds gewerk om nog fondse te in vir die res van die heining en ander fasiliteite.
Dit is voorwaar ‘n pluimpie vir die lede van die Letaba Bosveld Jagters dat daar met soveel ywer en entoesiasme aan die uitbouiing van die jagsport en natuurbewaring gewerk word en die positiewe groei in ledetal bewys dat daar van wenresepte gebruik gemaak word!!!
Magaliesberg
Die Magaliesberg tak is gestig op 11 September 2003.
Die aanvanklike rede vir die stig van die tak was om bestaande BJV lede wat na Gauteng verhuis het, te diens.
Die tak het sederdien `n tak in eie reg geword wat bestendig groei.
Die tak bied jaarliks `n vol program aan wat onder meer insluit junior opleiding, senior opleiding, skietdae en sosiale funksies. Ons beywer ons om die hele gesin te betrek en daarom sluit ons handwapenskiet, boogskiet, kleiduif en jaggeweer in by ons skietdae.
Die takbestuur se doelwit is “Om `n diens aan ons lede en potensiele lede te bied op so wyse dat hulle ons verkies bo soortgelyke verenigings tot voordeel van die tak en elke lid”.
Die Magaliesberg tak van die BJV bied dus `n uitstekende alternatief aan die publiek. Ons moedig lede aan om aktief betrokke te wees by aktiwiteite en sodoende deel te word van `n positiewe groep jagtersfamilie wat mekaar se geselskap waardeer, mekaar se tekortkominge aanvul en waar goeie sportmangees hoogty vier.
Soutpansberg
Soutpansberg tak is geleë in die pragtige area van Louis Trichardt en is gestig in Februarie 1996.
Sederdien diens hulle ‘n groot aantal lede op hulle unieke bestuursmodel.
Kremetart
Kremetart tak is geleë in Musina op die Zimbabwe grenspos (Beitbrug)
Die tak is gestig op 1 Oktober 2004.
Musina is ‘n klein plattelandse dorpie met baie aangename en vriendelike mense.
Hoedspruit
Hoedspruit Tak is gestig op 6 Oktober 2021 te Die Ark, Guernsey, Hoedspruit om 14:00.
Teenwoordig:
André Le Grange – Uitvoerende Vise-President
Hansie Botha – Uitvoerende Ondervoorsitter
Philip Robinson – Letaba Tak Voorsitter
Siegfried Osmers
Zandré Osmers
Louw Booysen
Baie geluk aan die nuwe Interum Bestuurslede:
Siegfried Osmers – Tak Voorsitter
JP van Wyk – Tak Ondervoorsitter
Louw Booysen – Tak Tesourier
Zandre Osmers – Tak Sekretaris