Hierdie lidmaatskap is vir persone onder die ouderdom van 18 jaar.
Lede in hierdie lidmaatskap tipe word outomaties oorgeplaas na Senior lidmaatskap sodra hulle 18 jaar oud geword het in die volgende faktuurlopie jaar.
Hierdie lid tiepe kry Junior jare dienssertifikaat erkenning wat verstryk op hul 18de verjaarsdag waarna die volwaardige jare diens lidmaatskap erkenning sal begin tel.
Lede kan vroegtydig aansoek doen by hulle onderskeie tak om ‘n Studente lid te word in plaas van Senior. Sien Studente Lidmaatskap vir meer hieroor.
Hierdie Lid Tipe geniet alle voordele van Senior Lidmaatskap behalwe dat hierdie lede nie mag dien op Tak of Uitvoerende Besture nie.
Persone wat hier wil aansluit kan, met hulle ouers se toestemming, self hier aansluit as individu en geen ouer of voog hoef ook ‘n lid van die BJV te wees nie.
NB! Op die elektroniese aansluitings vorm kies SKOLIER onder BEROEP om vir die skoliere afslag te kwalifiseer.