Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging het nie self fisiese teenwoordigheid dwarsoor Suid Afria nie en kan dus nie op die grond almal diens in persoon nie, alhoewel ons selfs internasionale lede het.
Hier wil ons graag persone akkomodeer wat weens persoonlike omstandighede, nie noodwendig gereeld die tyd of toegang tot jagters of sportskiet fasiliteite het nie maar steeds wettiglik hulle Toegewyde statusse wil bekom en behou asook ‘n aktiwiteite profiel elektronies wil skep en uitbrei sonder om ekstra te betaal vir dienste wat nie benut word nie.
Ons is by CHASA geaffilieer en kan dus deur ons mede affliate, wat regoor die land verteenwoordig is, jou op grondvlak ook ‘n diens lewer.
Neem kennisdat hierdie lid tipe BASIESE lidmaatskap is met beperkte gratis voordele. Alle voordele kan egter bekom word deur dit modulêr by te voeg en te betaal soos benodig.
Hierdie Lid tipe het nie stemreg in die BJV nie (behou voor waar anders gestipluleer) en lede kan dus nie dien op tak of uitvoerende bestuursvlakke nie.
Persone het ‘n opsie om aan ‘n bestaande Tak te behoort en dus al daardie tak se kommunikasie ronom gebeure en aktiwiteite ontvang deur die betrokke tak te kies óf die AANLYN Tak te kies wat blootstelling gee aan nasionale gebeure en aktiwiteite by die BJV asook CHASA geaffilieerde verenigings.