Die gedagte van n Jagtersvereniging is voorgestel deur Steve Pretorius. ‘n Klompie geesdriftige Grootwildjagters het die gedagte ondersteun, want daar was n behoefte om met die landsowerhede in gesprek te tree rakende georganiseerde grootwildjag.
Stigtingsvergadering het plaasgevind op Maandagaand 25 Augustus 1969 in die voorportaal van die Grand Hotel te Pietersburg. Mnr. Frik Kruger n locale prokureur het die grondwet opgestel. (Pburg)
Stigterslede: Steve Pretorius
Willie Blanche
Attie Vermaak
Danie Fick
Carel Höll
Piet Smit
Willem Kotze
Koos Mynhardt
Johan Mynhardt (Koos se seun)
Willie Roux
Broer van Schalkwyk
Frikkie Kruger
Jan Du Plessis
Die naam Bosveld Jagtersvereniging is voorgestel deur Koos Mynhardt. Die gedeelte van Wildbewaring het later bygekom maar die presiese datum kon nie opgespoor word nie. Daar is besluit dat die embleem n Rooibokkop sal wees.
Die grondwet is opgestel deur Frikkie Kruger en die eerste verkose Voorsitter was Willem Kotze. Die eerste sekretaris was Steve Pretorius. Die vader van die trofeekompetiese en ook die Musgrave Trofee later was Carel Höll met hulp van Piet Smit.
Tydens vergaderings is meestal oor jag gepraat en spesifiek oor jag van grootwild. Die jagters het spesifiek in Zambië, Zimbabwe( Rhodesia), Botswana en Mosambiek gaan jag omdat daar in Suid-Afrika geen geleentheid was om die groot 5 te jag nie. Die behoefte van die manne was hoofsaaklik om oor jagstories en -aangeleenthede te gesels. Dit is dus baie duidelik dat anders as vandag was daar n behoefte om te kompeteer met hulle trofees en dus die ontstaan van die trofeekompetiese.
Die tydperk wat Bosveld Jagtersvereniging ontstaan het was daar reeds twee bestaande jagtersverenigings in die land nl. Die Suid-Afrikaanse Jagtersvereniging en Natalse Jagtersvereniging.
Die vroeëre geskiedenis van die BJV het bitter min fisise dokumentasie opgelewer in die navorsings poging. Die meeste inligting is bymekaar gemaak uit koerantberigte van artikels wat bewaar is en herinneringe van die stigterslede. Daar is geen notules meer beskikbaar om die volledige besture van die eerste jare te kon bepaal nie. Hieronder is n lys van Voorsitters en Presidente. Sover bepaal kon word is die eerste President eers aangewys in 1980 wat 11 jaar na die stigting was.
Die stigting vd BJV was soos reeds vermeld die georganiseerde jag van grootwild deur trofeejagters. Dit is daarom nie snaaks dat n trofeekompetisie reeds 2 jaar na stigting ontstaan het sodat daar meegeding kon word met trofee wat gejag is. Daar was jaarliks tydens die jaarvergadering en afsluitingsdinee op die Vrydagaand n kompetisie waar alle trofee gemeet is. Die reels het weinig verander van 1971 tot vandag. Oom Carel Höll was die baasbrein anget die kompetisie en is bysgestaan deur oom Piet Smit.
Daar moes egter nou gekwalifiseerde meters aangewys word sodat daar regverdig beoordeel kon word. Oom Carel, oom Piet en Gert Rall was aangewys. Tien jaar nadat die kompetisie in werking getree het , in 1981 is n junior afdeling in die kompetisie ontwikkel. Deur die Impala tydskrif bleik dit dat in 1994 deur CHASA goedkeuring gegee is om ons eie Suid-Afrikaanse meetsisteem te ontwikkel. Dit het dan ook gelei tot opleidingsmateriaal en die eerste opgeleide meters vd SA meetsisteem was Pat Loots, Willem v Deventer, Stoffel Nel en Louis Naude.
Daar het in 1980 ook die eerste opleidingskamp v junior jagters (skoolseuns) plaasgevind. Dit is gevolg deur die eerste senior opleidingskamp n jaar later in 1981. Die eerste twee junior lede in 1981 was René Blanché en Pieter Pretorius.
21 Januarie 1981 is CHASA (Converderation of Hunters Associations of Southern Africa) gestig deur BJV SA Jagters en Natal Jagters. Dit het die amateurjag landswyd georganiseer en gespreke met wildboere of dan in daardie stadium bees- en skaapboere aan die gang gesit end it het dan uiteindelik wildwerende wildsplase gely.
Die BJV het ook in gesprek getree met Natuurbewarings organisasies en so het volgens oorlewering in 1982 georganiseerde jag op Lebowa reservate plaasgevind. Oorskot wild is aangebied vd BJV en die fondse is dan weer aangewend vir bewaring en opgradering vd reservate.
Die kompetisie onder die jagters was baie vel en dit het aanleiding gegee tot die “Top jagter vd Jaar” toekenning wat later bekend gestaan het as die Musgrave Trofee in 1983. Dit was n CHASA toekenning. Die SA Rekordboek het in 1993 die lig gesien met n boekuitgawe in 2017.
‘n Baie groot aksie wat deur BJV aangepak is, was die trofeeuitstalling tydens die Pietersburg 100 jaar vieringe. Die funksie is in die Stadsaal aangebied. Dit was n baie suksevolle funksie wat ongelooflik baie werk geverg het en vir die publiek n kyktjie op die amateurjagters se bedrywighede gegee het. Daar was baie opgestopte trefees van baie skaars diere tesien asook n uitstalling van gewere.
Die BJV manne het n behoefte aan n klubhuis al meer begin aanspreek en so is die eerste sooi gespit 15 Desember 1988. Fondse was maar min en Gert Rall het die voorstel vir Fondsinsameling gemaak dat skenkings gevra word en n goue plaatjie per skenker in die klubhuismaar aangebring sou word met die naam van die skenker en dat die skenker n Lewenslange lid van BJV sou word.
Die skenkers het elkeen R5000.00 geskenk wat die koste vd bouprojek gedek het. Dit is vandag gelykstaande aan R120 000.00. Wonderlike gebaar en daarom wil ons hulle name vermeld. Die klubhuis is 25 Augustus 1989 in gebruik geneem. Die klubhuis is onthul deur die Burgermeester Hennie van Vuuren.
CHASA het in 1989 ook die bekende Bekwaamheidstoes lesings bekend gestel en so sou jy n Luiperdkop wapen verwerf indien jou uitslae vd toets bo 70% was.
Die BJV het so gegroei dat daar in November 1992 besluit is om take te stig in naburige dorpe. Waterbergtak in Nylstroom is 13 Februarie 1993 gestig en:
Potgietersrus tak– 4 September 1993
Letaba – 3 Februarie 1994
Pietersburg – 27 Julie 1994
Soutpansberg – Februarie 1996
Eiland – Februarie 2003 maar het 2005 Augustus doodgeloop.
Magaliesberg – 11 Sept 2003
Kremetart – 1 Oktober 2004
Hoedspruit – 6 Oktober 2021
Daar was wel nog n sentrale bestuur wat die lidmaatskapkaarte, finansies en oorhoofse dagbstuur handteer het. Die trofeekompetisie wat n baie groot deel vd vereniging se bedrywighede uitgemaak het, is jaarliks nog in Pietersburg gehou op die derde Vrydagaand in Oktober met die jaarvergadering dan die daaropvolgende Saterdagoggend.
Die stig vd die take het ook veroorsaak dat daar n groter uitvoerende bestuur was, wat bestaan het uit 2 afgevaardigdes van elke tak (gewoonlig voorsitter en ondervoorsitter) en dan die Sentrale dagbestuur.
Daar was ook een baie groot fondsinsameling wat in 1997 geloots is. 10 Buffelbulle is bekom te Makuya reservaat vir n sekere prys. Daar is kaartjies verkoop en die 10 gelukkige jagters is deur middle van n loting bepaal. Daar was baie goeie wins gemaak en die gemeenskap van Makuya het self ook goeie inkomste gekry. Hierdie saam met die Lebowa jagte e nook bokke vir junior opleidingskursusse waar hulle saam met n instrukteur n bok kon jag is op staats reservate bekom vir die lede.
Kommunikasie was deur al die jare n baie belangrike deel van die BJV dagbestuur. Die vroegste komminukasie wat ons kon opspoor 2 nuusbriewe genaamd “Bosverljagtersvereniging Nuusbrief” waarvan een in 1973 en een in 1974 uitgestuur is. Die briewe was nog op n ou tikmasjien getik. Die brief van 1973 lyk soos die oorspronklike brief wat moontlik met n afrolmasjien vermeerder en gepos is per slakkepos.
Daar het n behoefte ontstaan om n nuusbrief aan die lede uit te stuur wat deur Attie Vermaak die eerste keer in1980 in tydskrifvorm uitgebring is. Daar is so 2 uitgawes per jaar aan lede beskikbaar gestel wat hoofsaaklik beskikbare jagte, trofeekompitisieuitslae, opleidings verslae en jagstories bevat het. Die Impala is uitgegee tot en met 1996 soos die laaste beskikbare kopie in die arsenale aantoon. Die Bosveld Bulletin nuusbrief wat deur slakkepos aan die lede uitgestuur is het in 1992 die lig gesien. Die Bosveld bulletin is meer gereeld uitgestuur om inligting na die lede wat redelik wyd verspreid gebly het te versprei.
Met takstigting in 1992 het die komminukasie aan lede steeds vanaf Pietersburg uitgegaan. Die Impala het nie weer uitgegaan nie slegs die Bosveld Bulletin.
Die takke het meer en meer outonoom geword en self nuusbriewe vir hulle lede begin uitstuur. In 2003 tot en met Junie 2007 is weer Impala Tydskrifte in gedrukte formaat (14 uitgawes) onder redaksie van André vd Merwe 2 tot 3 keer per jaar aan die lede uitgestuur. Piet de Jager het Augustus 2007 die taak oorgeneem en die tydskrif tot en met April 2015 (16 uitgawes) opgestel en geredigeer. Die druk daarvan is weens finansiele redes daarna gestaak.
Daar het in 1997 egter n despuut ontstaan oor die bestuurstyl vsn die BJV wat n onaangename smaak gelos het. Lede getalle het van 900 tot byna 330 geval. Daar het n klemverskuiwing by lede plaasgevind vanaf trofeejag na biltongjag. Die wildbedryf het begin grooi en met groter getal wildsplase het jag onder baie meer mense posgevat as die voorige jare. Die persentasie biltonjagters in die BJV het die persentasie trofeejagters begin inhaal en uit die aart van die saak was daar da nook ander doelwitte.
Die goeie wat hieruit voortgekom het is dat die take baie meer outonoom begin optree het en die groei in ledegetalle het weer begin toeneem. Die polotieke veranderings het ook megebring dat dit al moeiliker geword het om jagte in staatsreservate te bekom, selfs vir juniors. Die wapenwetgewing het verander en so het ons as BJV ons akkreditasie om Toegewyde jagters op te lei en te bestuur in 2011 verkry. Chasa het akkreditasie in 2010 verkry en derhalwe het BJV besluit om ons eie akkreditasie te bekom.
Die doelwit van die Jagtersverenigings het verskuif van jag na vuurwapen lisensiering en beskerming van die reg om n vuurwapen te hê en die Vryheid om te jag wat daarmee gepaartgaan. Die koste van jag het so verhoog dat ons vandag 80% van ons aksies aan teikenskiet bestee. Die aanslae vanaf die anti- jagters het so groot geword dat CHASA in 2016 n voltydse Hoof Uivoerende Beampte aangestel het. Die BJV se ledegetalle het gegroei tot meer as 2200 en dit deels die vereistes van die vuurwapen wetgewing.
Vandag se lede wat op die besture van die take sowel as die uitvoerende bestuur sit baie ure in om net die nodige wetlike vereistes op datum te hou end an n baie groot begroting moet bestuur. Ek wild an ook my hartlike dank uitspreek aan ieder en elk wat die BJV een van die grootste en mees gewaardeerde vereningings van CHASA maak.
Statestieke
Voorsitters:
Jaartermyne het gestrek van September tot Augustus.
1969 – 1970 (1 jaar) WH Kotze
1971 (1 jaar) C Höll
1972 – 1974 (3 jaar) Steve Pretorius
1975 – 1976 (2 jaar) P Lamprecht
1977 – 1979 (3 jaar) Pat Cloete
1980 – 1981 (2 jaar) Gerhard Swan
1982 – 1886 (5 jaar) Attie Vermaak
1987 – 1990 (4 jaar) Francis Barnard
1991 – 1993 (3 jaar) Freek Nel
1994 – 1997 (4 jaar) Dirk Botes
1998 (1 jaar) Willem van Jaarsveld
1999 – 2000 (2 jaar 7 maande) Pieter vd Walt -: Pieter was Voorsitter tot Maart 2001
2001 – 2009 (9 jaar 5 maande) André vd Merwe
2010 – 2012 (3 jaar) Frans Heinlein
2013 – 2023 (11 jaar) Nico Wepener
2023 – Tans Hansie Botha
Presidente:
1980 – 1997 (18 jaar) Gerhard Swan
1998 (1 jaar) Pieter Blignaut
1999 – 2007 (9 jaar) Fred Mulders
2008 – 2015 (8 jaar) Johan Kapp
2016 – 2021 (5 jaar) André vd Merwe
2021 – Tans Johan Kapp
Vise Presidente
Die grondwet bepaal dat jaarliks Vise Presidente aangewys word tot n maksimum van 4 om as raadgewers in ‘n Advieskomitee saam met die Uitvoerende bestuur op te tree. Dit word deesdae baie benut deur die Uitvoerende bestuur aangesien daar ongelooflik baie werk is saam met die nuwe vuurwapen reggulasies.
Hulle help met die opstel van beleidskrywes en het baie ondervinding wat baie goed tepas kom in moeilike omstandighede. Dia aanslag van die anti-jag brigade word daagliks groter.
Hieronder volg n lys van Vise Presidente sover ons kon opspoor:
Jaar | Name | |||
Geen data van vroeere Vise Presidente kon opgespoor word nie | ||||
2001-2004 | Piet Smit | |||
2005 | Ford Winnertz | Abel Botha | Gerrit Bakker | |
2006 | Ford Winnertz | Abel Botha | Gerrit Bakker | Tewie Wessels |
2007 | Ford Winnertz | Abel Botha | Gerrit Bakker | Tewie Wessels |
2008 | Ford Winnertz | Abel Botha | Gerrit Bakker | |
2009 | Ford Winnertz | Abel Botha | Gerrit Bakker | |
2010 | Andre vd Merwe | Abel Botha | Gerrit Bakker | |
2011 | Andre vd Merwe | Abel Botha | Gerrit Bakker | |
2012 | Andre vd Merwe | Andre le Grange | Gerrit Bakker | |
2013 | Andre vd Merwe | Andre le Grange | Gerrit Bakker | |
2014 | Andre vd Merwe | Andre le Grange | Gerrit Bakker | |
2015 | Andre vd Merwe | Andre le Grange | Gerrit Bakker | |
2016 | Andre vd Merwe | Andre le Grange | Frans Heinlein | |
2017 | Johan Kapp | Andre le Grange | Frans Heinlein | Jan van Blerk |
2018 | Johan Kapp | Andre le Grange | Frans Heinlein | Jan van Blerk |
2019 | Johan Kapp | Andre le Grange | Frans Heinlein | Jan van Blerk |
2020 | Johan Kapp | Andre le Grange | —- | Jan van Blerk |
2021 | Andre le Grange | — | Jan van Blerk | |
2022 | Ford Winnertz | Andre le Grange | —- | Jan van Blerk |
2023 | Frederick Elof | Andre le Grange | —- | Jan van Blerk |
2024 | Nico Wepener | Andre le Grange | Pieter Wentzel | Jan van Blerk |
2019 | Nico Wepener | Andre le Grange | —- | Jan van Blerk |
Erelede:
Die BJV het n erelid toekening aan besondere individue gemaak wat uitsonderlike opofferings en insette oor baie jare aan die vereniging gemaak het. Erelidmaatskap word toegeken an n person wat oor n Honorus Signum Beskik, m.a.w. 10 jaar diens op n bestuur, 30 jaar lidmaatskap en uitsonderlike bydrae gemaak het tot die BJV.
Die bestaande erelede is gelys hieronder:
Bobby Jansen
Carl Höll
Dr. Feltus Brandt
Attie Vermaak
Piet Smit
Steve Pretorius
Tewie Wessels
Fred Mulders
BJV lede wat op CHASA raadsbestuur en kommitees gedien het
Carl Höll Musgravekomitee Sameroeper 1981 – 2008 (27 Jaar)
Fred Mulders Chasa president 18 Feb 2006 tot 5 Sept 2009 (3 jaar)
Johan Kapp Chasa Voorsitter 3 Sept 2016 – tans (4 Jaar +)
Hein Höll Musgravekomitee lid 2004 – 2008 (5 Jaar)
Hein Höll Musgravekomitee Sameroeper 2008 – tans ( 11+ Jaar +)
Fred Mulders Musgravekomitee lid 2008 – 2014 (7 jaar)
Nico Wepener SA Rekordboekkomitee Lid 2014 – tans (6 Jaar +)
André vd Merwe Junior opleidingskomitee sameroeper 2018 – tans (2 Jaar +)
Johan Kapp Skietkomitee 2018 – tans (2 Jaar +)
Honorus Signum Eretoekenning
Die Bjv het ook besluit om lede wat langer as 10 jaar op n bestuur dien of ‘n tydperk van 5 jaar op n bestuur gedien het en uitsonderlike insette of bydras gemaak het, met n ere toekenning te vereer. Die toekenning staan bekend as die “Honorus Signum Toekenning”.
Honorus Signum ontvangers:
Lewenslangelede
Van en Vooreltters | Lid no | |
BAKKER G. | 0124 | |
BLANCE W | 8 | |
BLIGNAUT | 461 | |
BOTES D J | 112 | |
BRITZ RC | 17 | |
CLOETE P H | 35 | |
DE HAAS G N | 41 | |
DERCKSEN H A | 72 | |
DIEDERICKS D L | 162 | |
DU PLESSIS P J J | ||
ENGELBRECHT D F | 145 | |
GREER C P | 14 | |
GROBBELAAR B J | 61 | |
HEYDENRICH I D | 294 | |
HÖLL C H | 7 | |
HOLTZHAUZEN H G | 243 | |
JANSEN M J | 353 | |
KOTZE W H | ||
KRUGER F A C | ||
LOOTS A B J | 3 | |
LOOTS P H | 29 | |
MARAIS D J | 21 | |
MYNHARDT J H | ||
MYNHARDT K | ||
NEL F A C | 203 | |
OLWAGEN J D | 186 | |
PRETORIUS S | 1 | |
RALL J J | 273 | |
ROUX W | 6 | |
SCHOEMAN B J | 39 | |
SMIT F A C | 45 | |
SMIT P L | 2 | |
STANDER V | 58 | |
STEYN JC | ||
SWAN G P | 69 | |
SWANEPOEL P H | 239 | |
VAN NIEKERK N | 62 | |
VERMAAK A C K | 4 | |
VENTER E R | ||
VOGES C D | 354 |
CHASA Musgrave ere toekenning
Die idee van die MUSGRAVE toekenning is vir baie jare deur een van BJV se stigterslede, wyle Oom Carl Höll, gekoester voordat dit `n werklikheid geword het. Met baie moeite en toewyding het hy saam met mede jagtersvriende hierdie idee tot gestalte gebring in wat vandag bekend staan as die Musgrave-Trofee.
In van die ou oorspronklike lêers is daar baie korrespondensie sedert 1978 tussen wyle Oom Carl, Oom Nico van Rooyen en Oom Piet Smit oor hierdie gedagte van hom. Idees wat gewissel is, raad wat gevra is, opinies wat gelig is ens. Baie daarvan nog handgeskrewe briewe wat oor en weer gestuur was.
Uiteindelik is daar na deeglike voorbereiding en intensiewe beplanning `n voorstel aan CHASA gemaak en op 16 Oktober 1981 is besluit dat daar ondersoek ingestel moet word na die moontlikheid van so`n trofeë. `n Subkomitee is deur CHASA saamgestel wat hierdie voorstel moes ondersoek en dan terugvoering daaroor gee.
Dit blyk dat, anders as wêreldwye jagtoekennings van die aard waar `n sterk kompetise element betrokke was, dit nie was wat CHASA beoog het nie. Hiervoor was daar genoeg trofee kompetisies en was die aanbeveling van die subkomitee `n unieke benadering van `n ere toekenning, m.a.w. verering deur mede jagters aan `n verdienstelike waardige ontvanger.
Die Musgrave Subkomitee, soos dit vandag nog funksioneer, is reeds in 1982 saamgestel. Bekendes in jaggeledere wat op hierdie komitee aangestel was, was name soos wyle Oom Louw van der Merwe, Oom Chappie Sparks van die Oos Kaap en dan Oom Tim Ivins (Skrywer van Hunters Handbook) wat nou nog op hierdie komitee dien.
Die eerste toekenning is in 1984 gemaak en het dit bekend geword het as die “Musgrave-Trofee”. Sedertdien is hierdie beslis `n naam wat elke ernstige trofeëjagter ken.
Die riglyne wat aangewend was vir die formulering van die reëls waaronder die toekenning sou geskied, is vandag nog net so belangrik en toepaslik as tydens die ontstaan daarvan en dit is nodig dat jagters wat vir die toekenning in aanmerking sou kom, asook verenigings wie sulke jagters wil nomineer, steeds van die volgende kennis moet neem aangaande daardie riglyne.
– Die toekenning moes geheel en al ‘n Suid-Afrikaanse kleur hê d.w.s. toegespits wees op Suid-Afrikaanse burgers of permanente inwoners van die land en Suider-Afrikaanse wildspesies.
– Dit moes etiese jag en in die besonder trofeejag bevorder.
– Daar moes erkenning verleen word aan hierdie toegewyde en sukses¬volle trofeejagters; erkenning deur hulle mede-jagters d.w.s. mense wat dieselfde taal praat.
– Dit moes as aansporing vir die Suid-Afrikaanse jagter dien d.w.s. ‘n toekenning om na te streef en wat die hoogste van sy soort in die land sou wees.
– Die jag-aspek van die aangeleentheid moes beklemtoon word. Alhoewel jag baie meer behels as net die doodskiet van diere soos o.a. blyk uit die wyd uiteenlopende bedrywighede van CHASA, is jag tog dit waaroor dit hier gaan en is die toekenning basies gemik op die jagaspek van ons sport.
– Die verskeidenheid van spesies deur `n jagter gejag moes in ag geneem word; dit moet trouens hoog aangeslaan word en `n ontvanger van die toekenning moet homself in die algemeen as jagter bewys het en nie slegs `n spesialis wees in die jag van enkele spesies nie.
– ‘n Jagter moes die toekenning slegs eenmalig kon ontvang.
– Die toekenning moes nie lei tot wedywering tussen verskillende ledeverenigings nie; almal moes saamwerk om die mees verdienstelike jagter, ongeag sy verbondenheid met enige sodanige organisasie, te vereer.
Ten einde gestalte te gee aan hierdie opset as geheel is daar gevolglik `n stel reëls opgestel wat daarop gemik was om hierdie oogmerke te verwesenlik asook die aangeleentheid te administreer.
Hierdie reëls is aan alle ledeverenigings versprei en kan ook vanaf die Sekreta¬ris van die CHASA verkry word.
In kort kom die Musgrave Toekenning daarop neer dat elke ledevereniging van CHASA die reg het om jaarliks `n jagter uit sy geledere vir ontvangs van die toekenning te nomineer, d.w.s. ‘n jagter wat aan spesifieke vereistes voldoen t.o.v.
– Sy geskiktheid om ‘n waardige en verdienstelike ontvanger te wees en wat voldoen aan al die geskrewe reëls van die toekenning en, baie belangrik, ook die ongeskrewe reëls van die jagsport.
Hier moet die nominerende vereniging optree as die sif, en hopelik `n baie fyn sif, wat moet toesien dat slegs die regte kandidate vir ontvangs van die toekenning genomineer word en
– die bereiking van `n minimumpunt wat vir kwalifikasie benodig word. `n Vereniging is egter onder geen verpligting om `n spesifieke jagter te nomineer nie, selfs al word daar voldoen aan die vereiste t.o.v. die minimumpunt.
Die reëls dek in die algemeen alle aspekte van die toekenning in soverre dit op CHASA, diè se ledeverenigings en genomineerdes van toepassing is en daar is ‘n spesifieke nominasievorm wat voltooi en voorgelê moet word.
Hierdie vorm omvat, benewens verklarings deur `n ampsdraer van die nominerende vereniging asook die genomineerde, ‘n inskrywingsvorm waarvolgens punte toegeken word t.o.v. spesies/subspesies gejag en aktiwiteite ter bevordering van amateurjag waaraan die genomineerde deel gehad het.
Die lys van spesies word in verskillende kategorieë verdeel, basies as volg:
KATEGORIE A – Hoofsaaklik die antiloopspesies wat suid van die Zambezi- en Kuneneriviere aangetref word asook die bosvark, vlakvark, seekoei en damhert. Daar is 41 spesies in hierdie afdeling en puntetoekenning geskied as volg:
• 1 Punt vir elke spesie gejag.
• 1 Punt vir elke trofeeafmeting wat die minimumvereiste vir opname in die
S.A. Rekordboek ewenaar of oortref.
• 1 Verdere punt vir elke inskrywing wat bogemelde mini¬mum met 10% of meer oorskry.
Bonuspunte word verder as volg toegeken:-
• Vir 25 tot 34 spesies gejag : 10 punte.
• 35 en meer spesies gejag :10 verdere punte.
KATEGORIE B – Hierdie afdeling omvat die sogenaamde ”groot ses” d.i. olifant, leeu, luiperd, buffel asook die swart- en witrenoster.
Punte word op die volgende basis toegeken:
• 3 Punte vir elke spesie gejag.
• 2 Ekstra punte vir die jag van elk van `n olifantbul en `n leeumannetjie.
• 5 Bonuspunte indien minstens 4 van die betrokke spesies gejag is en `n ekstra
• 10 Bonuspunte indien 5 of meer daarvan bekom is.
KATEGORIE C – Hier kan een punt vir die jag van elk van die vlakte¬sebra, Hartmanse bergsebra, kameelperd, rooikat, bobbejaan, krokodil en jagluiperd verdien word.
Verdere punte word toegeken vir elk van die lande waarin gejag was d.w.s. R.S.A., Namibië, Mosambiek, Botswana en Zimbabwe, asook vir poste deur die genomineerde beklee op die bestuur en komitees van jagtersverenigings en CHASA. Spesifieke aktiwiteite soos bv. instrukteur by veldskole, reël van trofeekompetisies ens. kan ook punte verwerf.
Die minimumpunt vir nominasie beloop 120 en alhoewel dit op die oog af dalk nie besonders hoog voorkom nie, kan jagters wel deeglik daarvan kennis neem dat dit nie so maklik haalbaar is nie. Hierdie punt is nie onrealisties hoog nie, maar dit vereis jare se harde en toegewyde jag om daarby uit te kom.
Behaling van hierdie minimum is slegs die wyse waarop ‘n genomineerde vir die toekenning in ag geneem kan word en bied geen versekering vir ontvangs daarvan nie. Benewens die feit dat `n vereniging onder geen verpligting staan om `n lid vir die toekenning te nomineer nie, selfs al ewenaar of oorskry ‘n jagter se puntetotaal die minimumvereiste, word daar ook gekyk na `n genomineerde se prestasies in die verskillende afdelings/kategorieë soos hierbo uiteengesit. `n Jagter se hele jagloopbaan word aangeslaan en `n ontvanger van die toekenning moet homself in alle afdelings van die aangeleentheid onderskei het.
‘n Nominasie bestaan uit die volgende:
– Voltooide nominasie-/inskrywingsvorm, insluitend verklarings deur ‘n ampsdraer van die nominerende vereniging asook die genomineerde self.
– Verslag deur die President/Voorsitter van die nominerende vereniging aangaande alle aspekte van die genomineerde se jagbedrywighede met spesifieke verwysing na sy optrede as jagter, die beeld wat hy as jagter na buite projekteer, etiese benadering tot jag, bydraes tot die georganiseerde amateur jagsport, natuurbewaring ens. ens. en spesifiek die genomineerde se geskiktheid om die toekenning eervol waardig te wees.
– Curriculum vitae aangaande die genomineerde wat ander aspekte as jagaktiwiteite dek.
Nominasies moet voor 30 Junie van `n betrokke jaar aan die subkomitee, wie namens CHASA die aangeleentheid hanteer, voorgelê word en wel in oorspronklike vorm d.w.s. faksversendings is nie aanvaarbaar nie. Hierdie subkomitee oorweeg die nominasies vir ‘n betrokke jaar en neem ‘n besluit aangaande welke, indien enige, genomineerde vir die betrokke jaar die toekenning sal ontvang.
Die toekenning self bestaan uit `n bronsbeeldjie van `n Boesman in tipiese jaghouding, gemonteer op ‘n paslike houtvoetstuk. Waar hierdie volksgroep algemeen beskou word as die beste jagters in ons subkontinent, kan die beeldjie dus ook gesien word as simbolies van die vereistes wat aan die ontvanger daarvan gestel word. Dit is die skepping van `n baie bekende beeldhouer, is `n unieke en smaakvolle stuk wat met trots uitgestal en `n erfstuk kan word. Dit bly die eiendom van die ontvanger daarvan en is nie `n wisseltrofee nie.
Die toekenning as sulks was vir baie jare geborg deur die Musgrave-organisasie, vandaar dan ook die naam daarvan. Daar het met die jare ‘n besondere verbintenis tussen die Konfederasie en Musgrave ontstaan t.o.v. hierdie toekenning en toe laasgenoemde op ‘n stadium deur VEKTOR oorgeneem is, het hulle ook onderneem om die rol van borg verder te vervul. Hierdie borgskap is egter in 2000 beëindig toe interne veranderinge, in die bestuur van laasgenoemde organisasie, daartoe gelei het dat CHASA nie meer sy weg oopgesien het om hom op diè borgskap te verlaat nie. Sedertdien word die toekenning geheel en al op koste van CHASA hanteer en is borgskap nie meer ter sprake nie, alhoewel hierdie toedrag van sake moontlik in die toekoms mag wysig.
Dit bring ons by `n baie unieke opset aangaande hierdie toekenning, naamlik dat die borg geen seggenskap gehad het aangaande die ontvanger daarvan nie, maar dat die hele aangeleentheid deur CHASA hanteer was d.m.v. die subkomitee wat daar¬voor aangestel is. Dit het uiteraard `n groot verantwoordelikheid vir alle betrokkenes meegebring ten einde te verseker dat `n spesifieke toekenning nie `n verleentheid vir die Konfederasie en, veel meer nog, vir die borg, sou skep nie.
Alhoewel borgskap tans nie meer ter sprake is nie, het die verantwoordelikhede hierin nie minder belangrik geword nie. Genomineerdes het `n verantwoordelikheid t.o.v. hulle optrede as jagters asook in hulle aanvaarding van nominasie, ledeverenigings `n baie besondere verantwoordelikheid in die evaluering van `n genomineerde en in hulle steun aan `n nominasie en dan ook spesifieke verantwoordelikheid vanaf die kant van die Musgrave Subkomitee wie namens CHASA optree en dan uiteindelik verantwoordelik is vir die algehele geskiktheid van `n ontvanger van die toekenning.
Die subkomitee beskou sy verantwoordelikheid hierin in `n baie ernstige lig daar ondervinding geleer het dat die gemiddelde afgevaardigde, na die Uitvoerende Komitee van CHASA, in die algemeen geen idee het van alles waarvoor die Musgrave-toekenning staan en wat in ag geneem word vir die toekenning daarvan nie.
Die volgende persone dien tans op hierdie Subkomitee:-
Mnr. T.L. (Tim) Ivins
Prof. P.C. (Piet) Du Plessis
Mnr A. (Andrè) Potgieter
Dr. H.C. (Hein) Olivier
Mnr. H. (Hein) Höll (Voorsitter)
EREROL – MUSGRAVE TOEKENNINGS
1984 JN (NICO) VAN ROOYEN (PRETORIA)
1985 WI (BILLY) DUVENHAGE (KURUMAN)
1986 G (BERTIE) GUILLAUME (LOUIS TRICHARDT)
1987 KW (KALLIE) KOHRS (MKUZE)
1988 GA (CHAPPY) SPARKS (QUEENSTOWN)
1989 PL (PIET) SMIT (PIETERSBURG)
1990 LJA (LOUW) ERASMUS (POSTUUM) (PRETORIA)
1991 PP (PEET) VAN ZYL (PIETERSBURG)
1992 CH (CARL) HöLL (PIETERSBURG)
1993 Geen Toekenning
1994 JJ (JUSTUS) KRUGER (KURUMAN)
1995 JAJ (ANDRè) VAN DYK (PRETORIA)
1996 Geen Toekenning
1997 RC (BOET) BRITZ (POTGIETERSRUS)
1998 Geen Toekenning
1999 M (MANIE) HEUNES (MIDDELBURG)
2000 DFW (DIETER) OCHSENBEIN (PRETORIA)
2001 HC (HEIN) OLIVIER (PRETORIA)
2002 Geen Toekenning
2003 J (JO) HOOGENBOEZEM (VIVO)
2004 AJ (BINES) SCHOEMAN (PRETORIA)
2005 Geen Toekenning
2006 P.H. (Peter) FLACK (JOHANNESBURG)
2007 Geen Toekenning
2008 PH (PAT) LOOTS (NYLSTROOM)
2009 Geen Toekenning
2010 Geen Toekenning
2011 Geen Toekenning
2012 Geen Toekenning
2013 WH (WALLIE) VAN DYK (TZANEEN)
2014 Geen Toekenning
2015 Geen Toekenning
2016 NW Ligthelm (PIETERSBURG)
2017 – Tans
Die Musgrave-trofee het reeds ‘n geweldige prestige-waarde onder Suid-Afrikaanse trofeejagters bereik en is `n baie gesogte toekenning . Die doelstellings wat by die aanvanklike instelling daarvan gegeld het, is met die jare gevestig en uiterste pogings word aangewend om dit te behou en uit te bou.
In besonder is die Musgrave-komitee van CHASA van voorneme om die standaarde, wat in die verlede gegeld het, steeds te handhaaf en geensins te verlaag nie. Verlaging sal nie alleenlik die aansien van die toekenning nadelig beinvloed nie, maar ook ongunstig reflekteer op die prestasies van vorige ontvangers. Daar was altyd deur CHASA, asook die voormalige borge, aanvaar dat die toekenning slegs gemaak sal word indien `n geskikte en waardige ontvanger na vore sou tree, selfs al sou dit meebring dat die toekenning slegs elke twee of drie jaar sou geskied. Hierdie beginsel geld steeds.
Die voorgaande sal hopelik aandui wat met die Musgrave-toekenning beoog en, hopelik, bereik was asook wat dit in wese is. Dalk sal dit goed wees om ook te kyk na wat dit nie is nie.
– Allereers is dit nie `n kompetisie nie. Vir kompetisie word voorsiening getref in die jaarlikse trofeekompetisies van ledeverenigings. Dit is wel ‘n wyse waarop ‘n toegewyde, ernstige en bekwame trofeejagter deur sy jagtersbroers vereer word d.w.s. `n ere-toekenning.
– Dit is ook nie `n reisies waarin jagters teen mekaar meeding om te sien wie eerste by ‘n ”wenpaa1” aankom nie. Eerder en beslis is dit ‘n wyse waarop erkenning verleen word aan die prestasies van `n verdienstelike kandidaat.
– Beslis is dit ook nie `n wedywering tussen ledeverenigings van die Konfederasie ten einde te bepaal wie se lede die meeste toekennings kan verwerf nie. Daar word aanvaar dat `n vereniging met reg trots kan wees as sy genomineerde die toekenning ontvang, maar dit is oorheersend `n pluimpie in die hoed van die jagter en nie van `n vereniging nie. ¬
– Daar word verwag dat ledeverenigings sal saamwerk om die mees verdienstelike kandidaat te vereer – al is dit dan ook slegs by wyse van aanvaarding in `n goeie gees van die subkomitee se beslissing.
– Dit is uit-en-uit gemik op die Suid-Afrikaanse jagter en Suider¬ Afrikaanse wild d.w.s. dit is nie vir die buitelander toeganklik nie.
– Die toekenning word baseer op `n jagter se prestasies oor sy hele jagloopbaan; sy ontwikkeling as jagter, hoe lank hy jag, sy gesindheid teenoor jag en sy benadering daartoe word o.a. in ag geneem. Die jagter wat in die kortste moontlike tyd met behulp van sy bankbestuurder en sy tjekboek poog om die meeste trofee te “verkry” bloot omrede hy dit kan bekostig, is nie die persoon wat verdien om met ontvangs van die toekenning vereer te word nie.
Daar word vertrou dat die Musgrave-trofee nog lank met ons sal wees, dat jagters en ledeverenigings van CHASA alles in hulle vermoë sal doen om die doelstellings daarvan suiwer te hou, uit te dra en te sorg dat die prestigewaarde daarvan steeds behoue sal bly.
As daar gekyk word na wat hierdie toekenning inderwaarheid behels, kan mens nie anders as om te besef dat die eer daaraan verbonde dalk daarin lê om daarvoor genomineer te word en nie soseer in ontvangs van die beeldjie self nie.
Klubhuis:
Bosveld Jagters Pub & Grill
Bosveld Pub en Grill is ‘n geregistreerde enteit in Polokwane eb word besit deur die Bosveld Jegters.
Hierdie is nie net ‘n gewilde besoekplek nie maar ‘n klubuis vir die Polokwane Veerpyltjie vereniging, bied troues en ander funksies ook aan.
Geleë langs die Pietersburg skietbaan maak dit ‘n gewilde bymekaarkomplek.
Belangrike datums:
1969 – Stigting van BJV
1971 – Trofeekompetiesie tree in werking
1980 – Eerste Impala tydskrif verskyn met eerste redakteur – Attie Vermaak
1980 – Naweek 9 – 12 Oktober – Eerste Veldskool waartydens 12 seun opgelei is.
1981 – Eerste Senior Veldskool aangebied waartydens die junior jagter n bok gejag het saam met n instrukteur
1981 – Eerste twee juniorlede word toegelaat nl: René Blanché en Pieter Pretorius.
1981 – Junior afdeling van Trofeekompetisie begin
1981 – 24 Januarie Chasa word gestig deur BJV, Natal en SA Jagtersverenigings
1982 – Vroegste datum sover vasgestel kon word wat die Lebowa Jagte beskikbaar gestel is aan die lede.
1983 – Chasa stel die Top Jagter vd Jaar Toekenning in, wat later die Musgrave toekenning word.
1986 – Trofeeuitstalling saam met Pietersburg 100 jaar feesviering
1986 –CHASA Sub-komitee aangestel om SA meetsisteem te ontwikkel – 7 November
1988 – 15 Desember – Eerste sooi van klubhuis gespit
1989 – 25 Augustus word klubhuis ingebruik geneem
1989 – SA Meetsisteem handleiding word uitgegee
1989 – CHASA bekwaamheidstoes ingestel met lesings
1989 – Eerste BJV dinee gehou by die nuwe klubhuis
1989 – 25 Augustus – Burgermeester onthul gedenkplaat van skenkers plaatjies. Die skenkers het elk R5000 geskenk om die klubhuis te kan bou. Al die skenkers word lewenslede van die BJV. Die idee van die fondsinsameleling is deur Gert Rall voorgestel.
1992 – November is besluit om takke in verskillende dorp te stig
1993 – SA Rekordboek sien die lig
1997 – Buffelprojek waar 10 buffels te Makuya gejag is d.m.v. kaartjieverkope en looting.
2011 – BJV kry Akkreditasie om as Vereniging Toegewyde Jagterstatus aan lede toe te ken