Uitvoerend
GRONDWET VAN DIE BOSVELD JAGTERS- EN
WILDBEWARINGSVERENIGING
Hersiene Grondwet 2016
1. AANHEF:
In nederigheid erken ons God Drie-enig as Skepper en Heerser oor die Heelal en stel ons onsself as lede van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging ondergeskik aan Sy Oppergesag..
2. NAAM:
Die naam van die Vereniging is Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging, hierna gerieflikheidshalwe na verwys as “die vereniging”.
3. REGSPERSOONLIKHEID:
Die vereniging wat bestaan uit die uitvoerende bestuurlede en afsonderlike takke (elk met hulle eie afsonderlike bestuurlede) word hiermee met regspersoonlikheid bekleë, en sal, ten spyte van enige verandering van sy lede of sy uitvoerende bestuur of
takbestuur as ‘n vereniging met ‘n eie regspersoonlikheid funksioneer. Hierdie regspersoonlikheid word uitgebrei dat elke tak met afsonderlike regspersoonlikheid beklee word en sal funksioneer onder leiding van die uitvoerende bestuur kragtens
hierdie Grondwet en gepaardgaande beleidskrifte soos van tyd tot tyd uitgereik mag word deur die uitvoerende bestuur. Die vereniging insluitende takke sal deur die betrokke bestuur van die vereniging (hetsy op uitvoerende vlak of op tak vlak), in eie
naam en onafhanklik van sy lede, bates kan besit of huur of verhuur, laste en verpligtinge aangaan, ooreenkomste en kontrakte sluit in die naam van die vereniging en/of betrokke tak (na gelang van die geval) Die vereniging sal ook in eie naam en
onafhanklik van sy lede en in tak verband (indien van toepassing) regsgedinge kan aangaan of teenstaan, kan dagvaar of gedagvaar word. Elke tak sal afsonderlik aanspreeklik wees vir regsverpliginge of ooreenkomste in eie naam van die tak aangegaan en verantwoordelik wees vir hulle eie kostes of uitgawes. Alle besluite geneem en gemagtig kragtens hierdie Grondwet of beleidskrif/te moet geneem word
ter nastrewing van doelstellings van die vereniging en waar ’n tak egter optree in opdrag van die uitvoerende bestuur of volgens enige beleidskrif of voorskrifte van die vereniging se uitvoerende bestuur en enige eis onstaan as gevolg daarvan, sal die vereniging se uitvoerende bestuur aanspreeklikheid opdoen binne die raamwerk van die vereniging. Geen ampsdraers in die vereniging sal egter persoonlike aanspreeklikheid opdoen vir uitvoering van pligte binne die vereniging nie.
4. Die HOOFKWARTIER van die vereniging is te PIETERSBURG / POLOKWANE
5. DOELSTELLINGE:
5.1 Om kennis op te doen van die wild- en natuurlewe.
5.2 Om met ander organisasies en instansies saam te werk wat dieselfde, en soortegelyke doelwitte nastreef as hierdie vereniging en in die algemeen alles te doen wat bevorderlik is vir die bewaring, beskerming, aanvulling en volhoubare benutting van die wild- en natuurlewe in die algemeen.
5.3 Om die jag van wild op selektiewe, oordeelkundige en etiese wyse in die algemeen te bevorder en niks te doen of toe te laat wat strydig is met enige landswet, of ordonansie met betrekking tot wildbewaring en natuurlewe in die algemeen nie.
5.4 Die vereniging is ‘n nie-wins Organisasie.
5.5 Die vereniging is ‘n nie-politieke Organisasie en het geen politieke affiliasie nie.
5.6 Om ons kultuurerfenis van jag- en jagwapens te behou en enige bedreiging daarteen ten sterkste teen te staan. Om hierdie kultuur van jag- en jagwapens aktief uit te leef, te bevorder en uit te brei, veral onder die jeug. Om deel te wees, volgens keuse, van enige verteenwoordigende verkose liggaam, organisasie of vereniging wat op ‘n geko-ordineerde wyse hierdie jag- en
jagwapenkultuur beskerm en uitdra.
6. LIDMAATSKAP:
6.1 Lidmaatskap word in sewe groepe verdeel:
6.1.1 Gewone lidmaatskap
6.1.2 Erelidmaatskap
6.1.3 Junior lidmaatskap
6.1.4 Studente lidmaatskap
6.1.5 Lewenslange lidmaatskap
6.1.6 Gesinslidmaatskap
6.1.7 Toegewyde lidmaatskap.
6.2 Gewone lidmaatskap word toegeken aan alle persone wat lede van die vereniging wil word moet daarom aansoek doen op die voorgeskrewe vorm en aanbeveel word deur twee bestaande opbetaalde lede. Sodanige aansoekers se aansoek sal voorts onderhewig wees aan goedkeuring deur ‘n takbestuur en sal sodanige bestuur geen redes hoef te verstrek indien sodanige aansoek geweier word nie. Bestaande lede se lidmaatskap word jaarliks hernu na betaling van die voorgeskrewe ledegeld.
6.3 Erelidmaatskap kan toegeken word deur die algemene jaarvergadering van die vereniging op aanbeveling van die uitvoerende bestuur, aan enige persoon wie aan die volgende vereistes voldoen en deur sy/haar tak aanbeveel word:
1) 45 Jaar Senior Lidmaatskap Geen kriminele oortreding rakende geweldsmisdaad, natuurbewarings en of vuurwapen wetgewing.
2) 30 Jaar Senior Lidmaatskap Honoris Signum 5 Jaar gedien op uitgebreide Uitvoerend Instrukteur Geen kriminele ortreding rakende geweldsmisdaad, natuurbewarings en of vuurwapen wetgewing.
Erelede geniet volle stemreg maar hoef geen jaargelde te betaal nie. Sodanige erelidmaatskap sal lewenslank toegeken word maar mag be-ëindig word deur die algemene jaarvergadering op aanbeveling van die uitvoerende bestuur, indien sodanige erelid hom/haar gedra op ‘n wyse wat die toekenning nie waardig is nie.
6.4 Junior lidmaatskap word toegeken aan lede van die vereniging wie jonger is as 18 jaar, en word junior idmaatskap behou tot die einde van die betrokke finansiële jaar van die vereniging waarin sodanige juniorlid die ouderdom van 18 jaar bereik, alhoewel so ‘n juniorlid steeds as junior aan die betrokke jaar se trofeekompetisie mag deelneem. Persone wie aansoek wil doen vir juniorlidmaatskap volg dieselfde prosedure soos vir gewone lidmaatskap ofskoon die toetredeingsgelde en jaargelde mag verskil. ‘n Juniorlid sal egter nie oor stemreg beskik nie, en ook nie verkiesbaar wees vir enige amp nie.
6.5 Studente lidmaatskap word toegeken aan studente van 18 tot 24 jaar met lewering van bewyse van inskrywing. Studente se jaargelde is dieselfde as juniors maar sulke studente sal stemreg hê en sal verkiesbaar wees vir bestuursposte in die vereniging.
6.6 Lewenslange lidmaatskap word beperk tot reeds toegekende lewenslange lidmaatskap.
6.7 Gesinslidmaatskap bestaan uit ‘n primêre lid, sy/haar gade en hul kinders wat 24 jaar en jonger is en finansieël afhanklik van die primêre lid is. Slegs die primêre lid sal korrespondensie ontvang. Alle gesinslede ouer as 18 jaar sal dieselfde voor regte geniet en dieselfde stemreg hê as gewone lede, terwyl alle gesinslede jonger as 18 jaar dieselfde vooregte geniet as Junior lede, en sal ook nie oor stemreg beskik nie en ook nie verkiesbaar wees vir enige amp nie. Gesinslidmaatskap kan bekom word deur op die voorgeskrewe vorm aansoek te doen en is onderhewig aan dieselfde voorwaardes as die verkryging van gewone lidmaatskap.
6.8 Toegewyde lidmaatskap word toegeken aan lede wat voldoen aan die vereistes soos vervat in die Wet op die Beheer van vuurwapens (Wet Nr 60 van 2000 soos gewysig) en die daarmee gepaardgaande regulasies om as toegewyde jagter geregistreer te kan word en wat aansoek doen vir toegewyde lidmaatskap.
Aansoek moet gedoen word op die voorgeskrewe aansoekvorm. Sodanige aansoeke sal verder onderhewig wees aan goedkeuring deur die akbestuur van die tak waarvan aansoeker lid is en aan bekragtiging deur die uitvoerende bestuur van die vereniging. Verder sal toegewyde lidmaatskap onderhewig wees aan dieselfde voorwaardes soos vir gewone lidmaatskap.
7. LEDEGELD:
7.1 Lidmaatskap is geldig vir 1 (EEN) jaar.
7.2 Ledegeld is vooruitbetaalbaar voor of op die einde van die finansiële jaar van die vereniging, synde 28 Februarie van elke jaar, met ‘n grasieperiode van 3 maande na die aanvang van die nuwe finansiële jaar.
7.3 ‘n Lid wat in gebreke bly om sy ledegelde te betaal voor of op die datum, 3 maande na die aanvang van die nuwe finansiële jaar van die vereniging van ‘n gegewe jaar, sal ophou om lid van die vereniging te wees en sal sy naam uit die lederegister geskrap word, en sal dienooreenkomstig geen stemreg hê op die algemene jaarvergadering nie. Indien so ‘n persoon weer lidmaatskap wil bekom, sal hy verplig wees om op die voorgeskrewe wyse aansoek te doen vir lidmaatskap, met die voorbehoud dat indien agterstallige ledegelde betaal word binne drie maande na afsnypunt datum, so ‘n lid nie toetree gelde hoef te betaal nie.
7.4 Nuwe lede sal die normale toetreegeld betaal, maar jaarlikse ledegelde sal,afhangend van die datum van verkryging van lidmaatskap, op ‘n pro rata basis,kwartaaliks bereken, betaalbaar wees. Toetreegelde is ‘n eenmalige betaling by goedkeuring van lidmaatskap. Toetreegelde en jaargelde word vasgestel deur ‘n algemene jaarvergadering van die vereniging en kan van tyd tot tyd deur ’n besluit op algemene jaarvergadering hersien word.
8. SAMESTELLING VAN DIE BESTUUR VAN DIE VERENIGING:
Die bestuur van die vereniging sal bestaan uit:
8.1 ‘n Uitvoerende bestuur wat saamgestel word uit die volgende ampsdraers:
8.1.1 President
8.1.2 Voorsitter
8.1.3 Onder-Voorsitter (Maksimum 2)
8.1.4 Sekretaris
8.1.5 Tessourier
8.1.6 Soveel addisionele bestuurs poste soos van tyd tot tyd benodig, welke bepaal kan word in relevante beleidskrif, uitgevaardig ragtens ‘n uitvoerende bestuursbesluit;
8.1.7 Die Voorsitters en Onder-Voorsitters van al die takke.
8.1.8 Die Hoof uitvoerende beampte van die vereniging
8.2 Bogemelde ampsdraers, uitgesonder ampstenaars in paragraaf 8.1.7 en 8.1.8 gemeld, sal ten minstens twee(2) jaarliks verkies word deur alle teenwoordige lede op die algemene jaarvergadering.
8.3 Die Uitvoerende dagbestuur sal bestaan uit ampsdraers soos genoem in paragraaf 8.1.1 tot 8.1.5 8.4 Die Takvoorsitters en Tak Onder-voorsitters word 2 (twee) jaarliks verkies op takvlak.
8.5 Die Hoofuitvoerende beampte sal aangestel word deur die Uitvoerende Bestuur van die vereniging en sal sitting, maar geen stemreg hê op die Uitvoerende Bestuur van die Vereniging nie. (Verwys paragraaf 13.1.3).
8.6 Takbesture van die vereniging sal bestaan uit die volgende ampsdraers:
8.6.1 Voorsitter
8.6.2 Onder – Voorsitter/s (‘n Maksimum van 2 sal oor stemreg beskik op uitvoerende bestuur)
8.6.3 Sekretaris
8.6.4 Tessourier
8.6.5 Soveel addisionele lede soos op takvlak benodig.
8.7 Die dagbestuur van die tak sal bestaan uit ampsdraers soos genoem in paragraaf 8.6.1 tot 8.6.4
8.8 ‘n Maksimum van 4 (VIER) Vise-presidente kan jaarliks deur die uitvoerende bestuur aangewys word indien nodig, welke vise-presidente slegs in ‘n adviserende hoedanigheid sal optree en hul termyn vir slegs 1 (een) jaar sal duur. Daar sal elke jaar nuwe Vise-presidente aangewys word.
9. AMPSTERMYN:
9.1 Lede van die uitvoerende bestuur word verkies vir ‘n tydperk van 2 (twee) jaar, na afloop waarvan sodanige lede herkiesbaar is.
9.2 Lede van takbesture word verkies vir ‘n tydperk van 2 (twee) jaar, na afloop waarvan sodanige lede herkiesbaar is.
9.3 Die bestuurslede, op uitvoerende bestuurs- of takvlak is geregtig om vakatures in hulle midde aan te vul deur middel van koöptasie uit stemgeregtigde lede van die vereniging of tak.
10. KWORUM:
10.1 ‘n Kworum op ‘n algemene jaarvergadering en ‘n spesiale algemene vergadering is minstens 30 (DERTIG) stemgeregtigde lede. Op akvlak moet daar minstens 5% van opbetaalde lede teenwoordig wees om ’n kworum te vorm. Indien daar nie ‘n kworum teenwoordig is tydens die vergadering nie, sal die vergadering verdaag na ‘n alternatiewe datum, op welke datum die dan teenwoordige lede ‘n kworum sal vorm.
10.2 Wat bestuursvergaderings betref sal ‘n kworum bestaan uit die helfte van die lede van ‘n bestuur plus 1 (EEN).
10.3 Stemreg op enige vergadering, by wyse van skriftelike volmag word toegelaat,maar ‘n skriftelike volmag kan slegs gegee word deur ‘n opbetaalde lid “as volmaggewer” aan een ander opbetaalde lid “as gevolmagtigde” en laasgenoemde mag slegs namens een volmaggewer in ‘n vergadering stem waar hy/sy teenwoordig is.
11. NOMINASIE VIR BESTUURSPOSTE:
Alle nominasies vir bestuursposte op die Uitvoerende Bestuur, moet skriftelik ingedien word by die betrokke sekretaris / sekretaresse minstens 7 dae voor die datum van die betrokke bestuursverkiesing. Op tak vlak moet nominasies skriftelik ingedien word by die betrokke sekretaris/ sekretaresse voor die aanvang van die tak se algemene jaar vergadering. Alle nominasies moet skriftelik geskied, onderteken deur die persoon voorgestel en twee ander lede as voorsteller en sekondant. Hierdie reëls is nie van toepassing op dienende of gekoöpteerde lede nie op bestuurs poste nie.
12. AFWESIGHEID VAN VERGADERING:
12.1 Indien ‘n voorsitter van ‘n bestuur van ‘n vergadering afwesig is, sal die Ondervoorsitter in die amp ageer, en in laasgenoemde se afwesigheid sal die aanwesige lede ‘n waarnemende voorsitter uit hulle geledere aanwys.
12.2 Indien enige bestuurslid sonder ‘n goeie rede afwesig is van 2 (TWEE) agtereenvolgende vergaderings, kan sodanige lid summier uit sy amp ontslaan word en kan die vakature gevul word deur sodanige persoon as wat op die volgende algemene jaarvergadering aangewys mag word, of wat intussen gekoöpteer word deur die betrokke bestuur.
12.3 Indien die voorsitter en onder-voorsitter van ‘n tak nie ‘n uitvoerende bestuursvergadering kan bywoon nie, moet ‘n lid van die betrokke tak se bestuur aangewys word om die vergadering by te woon as plaasvervanger,welke lid dan vir die betrokke vergadering as ‘n volle lid van die uitvoerende bestuur sal ageer.
13. MAGTE EN PLIGTE VAN BESTURE:
Die Uitvoerende Bestuur sal verantwoordelik wees vir:
13.1.1 Die vereniging se beeldskakeling na buite en bevordering of nastrewing van die vereniging se doelstellings;
13.1.2 Alle administrasie koördineer en orden met inbegrip van finansies en byhou van ‘n lederegister en lede aktiwiteitsregister;
13.1.3 Die aanstel van amptenare of werknemers teen vergoeding en op diensvoorwaardes as wat dit wenslik mag ag ter nastrewing van die
doelstellings van die Vereniging, en om hierdie amptenare of werknemers na goeddunke te skors of te onstlaan;
13.1.4 Na goeddunke roerende en/of onroerende bates aan te koop, te huur of anders sins te bekom ter nastrewing van die doelstellings van die vereniging, en om sodanige bates te verkoop, te verhuur of op enige ander wyse te vervreem, te belas of van die hand te sit. Alle eiendoms transaksies, hetsy op uitvoerende bestuursvlak of op takvlak, sal gedoen word in die naam van die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging en sal aan die einde daarvan verwys na of Uitvoerende Bestuur of naam van betrokke tak na gelang van die geval;
13.1.5 Alle transaksies soos omskryf in 13.1.4 hierbo op alle vlakke sal onderhewig wees aan die vooraf goedkeuring van die betrokke
uitvoerende bestuur of betrokke tak bestuur (na gelang van die geval) en kan nie deur die dag bestuur goedgekeur word nie. Sodanige
goedkeuring geskied by wyse van meerderheidstem van die betrokke bestuur waar ’n kworum teenwoordig is. Die betrokke voorsitter van die
relevante bestuur sal gemagtig wees om kragtens resolusie wat volg op goedkeuring by wyse van stemming alle oordrag dokumente of
regsdokumentasie te onderteken waartoe hy of sy kragtens die resolusie gemagtig word;
13.1.6 Die toelaat van die stig van takke van die vereniging ter nastrewing van die doelstellinge en binne die raamwerk van die Grondwet van die vereniging;
13.1.7 Die reël van Intertak-aktiwiteite;
13.1.8 Die reël van algemene jaarvergaderiing en jaareind funksie van die vereniging;
13.1.9 Die beheer, bestuur, onderhoud en instandhouding van alle bates van die vereniging, wat nie op takvlak as sulks hanteer word nie;
13.1.10 Sal so dikwels vergadering hou as wat nodig is, maar nie minder as een keer elke vier maande nie;
13.1.11 Die uitvoerende bestuur sal die reg hê om reëls of voorskrifte uit te vaardig in die vorm van beleid skrywe/s wat nodig of dienstig is om enige van die werksaamhede van die vereniging te orden, met inagneming van die takke se belange en ter nastrewing van die vereniging se doelstellings, welke beleidskrif nie in teenstryd moet wees met die Grondwet nie;
13.1.12 Die uitvoerende bestuur sal ‘n bankrekening open by sodanige bankinstansie as waarop die meerderheid van die bestuur mag besluit en sal beleggings maak op so ‘n wyse as wat tot voordeel van die vereniging sal strek. Alle betalings of betalings magtiging instruksies van die vereniging sal onderteken word deur minstens 2 (TWEE) persone soos
aangewys mag word deur die uitvoerende bestuur van tyd tot tyd;
13.1.13 Die uitvoerende bestuur sal jaarliks besluit oor die verdeling van ledegeld
tussen takke en die vereniging se hoofkantoor;
13.1.14 Die verhoor van appèlle ten opsigte van enige dissiplinêre verhoor in
terme van die dissiplinêre kode/s soos uitgevaardig van tyd tot tyd;
13.1.15 Aanbevelings doen aangaande toekenning of opskorting van
erelidmaatskap;
13.1.16 Notule sal gehou word van alle vergaderings.
Die Takbesture sal verantwoordelik wees vir:
13.2.1 Die bestuur van die betrokke tak van die vereniging se sake binne die
raamwerk van die Grondwet en doelstellings van die vereniging en verder
ten doel hê om die lede beter te bedien en daardeur die ledetal uit te brei
deur aktiewe ledewerwing;
13.2.2 Elke takbestuur sal ‘n bankrekening open by sodanige bank instansie as
waarop die meerderheid van die bestuur mag besluit. Al die betalings of
betaling magtiging instruksies sal mede-onderteken word deur 2 (TWEE)
lede van die takbestuur soos van tyd tot tyd deur die takbestuur aangewys
word.
13.2.3 Elke takbestuur is verplig om voor of op 30 April van elke jaar finansiële
state van die tak in te dien by die tessourier van die uitvoerende bestuur.
13.2.4 Enige bates deur die tak aangekoop of verkry uit eie fondse, asook fondse
wat in ‘n tak gegenereer word, of by wyse van donasies aan die tak, of by
wyse van toekennings vanaf die uitvoerende bestuur wat deur takke
ontvang is, resorteer onder die beheer van sodanige tak solank die tak
voortbestaan as ‘n tak van die vereniging.
13.2.5 Die beheer, bestuur, onderhoud en instandhouding van alle eiendom van
die vereniging wat onder sodanige tak resorteer.
13.2.6 By ontbinding van ‘n tak of indien ‘n tak ophou om te funksioneer, val alle
gelde, bates en eiendom wat onder beheer van sodanige tak was, toe aan
en resorteer dan onder die beheer van die uitvoerende bestuur van die
vereniging, tensy ’n bemaking of donasie spesifiek anders skriftelik
bepaal.
13.2.7 Notule sal gehou word van alle vergaderings.
14. REDAKTEUR:
Die redakteur sal met sitting maar sonder stemreg op die uitvoerende bestuur deur die
uitvoerende bestuur aangewys word. Die Impala en nuusbriewe sal die
verantwoordelikheid wees van die redakteur bygestaan deur sodanige gekoöpteerde
lede as van toepassing.
15. DIE ADVIESKOMITEE:
SAMESTELLING:
Die advieskomitee sal bestaan uit:
15.1 Die President
15.2 Die Voorsitter van die Uitvoerende Bestuur
15.3 Al die Vise-presidente
15.4 Al die Ere Lede
16. MAGTE EN PLIGTE VAN DIE ADVIESKOMITEE
16.1 Die advieskomitee sal alleenlik adviserende pligte en geen uitvoerende magte
hê nie.
16.2 Die advieskomitee sal nie gereeld vergader nie maar sal op versoek van die
president of die voorsitter van die uitvoerende bestuur vergader om enige
aangeleentheid te oorweeg en advies ten opsigte van sodanige aangeleentheid
aan die uitvoerende bestuur te gee.
16.3 Notule sal gehou word van alle vergaderings.
17. DISSIPLINêR:
17.1 Die dissiplinêre dode vorm ‘n addendum tot hierdie Grondwet en word hierby
aangeheg.
17.2 Enige dissiplinêre optrede teen ‘n lid sal onderhewig wees aan die dissiplinêre
kode en sal sodanige dissiplinêre optrede en/of stappe gedoen word, soos
voorgeskryf in die dissiplinêre kode.
17.3 ‘n Lid wat deur ‘n bevoegde hof skuldig bevind word aan ‘n wesenlike kriminêle
oortreding van enige owerheid, provinsie of land en welke oortreding in stryd is
met die vereniging se doelstellings, is nie verkiesbaar vir enige amp van ‘n
takbestuur en/of uitvoerende bestuur nie en mag dan ook nie op sodanige
besture dien nie.
18. ALGEMENE UITVOERENDE JAARVERGADERINGS:
18.1 Die algemene jaarvergadering van die vereniging sal gehou word te
Pietersburg (Polokwane) op so ‘n datum as wat die uitvoerende bestuur op
mag besluit maar nie later as die einde van November van elke jaar nie.
18.2 Lede sal skriftelik of elektronies in kennis gestel word, minstens 7 (Sewe) dae
voor die datum waarop die Jaarvergadering gehou sal word.
18.3 Alle lede wie se ledegelde op datum betaal is, uitgesluit junior lede, sal
stemgeregtig wees op die jaarveradering en sal slegs een stem hê (tensy
volmag gehou word vir addisionele stem namens ander opbetaalde lid) oor elke
afsonderlike aangeleentheid wat tot stemming gebring word.
18.4 Op die algemene jaarvergadering sal:-
18.4.1 Die notule van die vorige algemene jaarvergadering gelees word;
18.4.2 Die verslae van die voorsitter van die uitvoerende bestuur en diePresident behandel word;
18.4.3 Die finansiële state van die vereniging behandel en bespreek word;
18.4.4 Voorstelle oorweeg word aangaande die verandering van die Grondwet;
18.4.5 Goedkeuring of afkeuring van die voorgestelde jaarlikse ledegelde;
18.4.6 Sake van algemene belang bespreek word;
18.4.7 Die verkiesing van die aangewese ampsdraers van die uitvoerende
bestuur geskied.
18.4.8 Aanwys van ouditeure van die vereniging.
18.4.9 Alle besluite sal by wyse van gewone meerderheidsbesluit beslis word,
uitgesonder voorstelle van wysiging van die Grondwet soos bepaal word
20.3.
19. SPESIALE ALGEMENE UITVOERENDE VERGADERING:
19.1 Die uitvoerende bestuur het die reg en is daartoe verplig indien dertig
stemgeregtigde lede hulle skriftelik sodanig versoek het, om met minstens 7
(Sewe) dae skriftelike of elektroniese kennisgewing ‘n spesiale algemene
vergadering te belê.
19.2 Slegs sake wat vooraf skriftelik versoek en op die sakelys van die vergadering
geplaas is sal hanteer word.
19.3 Sake lys bevatende die sake vir bespreking op die spesiale algemene
vergadering moet die kennisgewing van die vergadering vergesel.
20. ALGEMENE JAARVERGADERINGS OP TAKVLAK:
20.1 Die algemene jaarvergadering van die vereniging se takke sal gehou word by
die betrokke tak op so ‘n datum as wat die tak bestuur op mag besluit maar nie
later as die einde van Mei van elke jaar nie.
20.2 Lede sal skriftelik of elektronies in kennis gestel word, minstens 7 (Sewe) dae
voor die datum waarop die jaarvergadering gehou sal word.
20.3 Alle lede wie se ledegelde op datum betaal is, uitgesluit junior lede, sal
stemgeregtig wees op die jaarveradering en sal slegs een stem hê (tensy
volmag gehou word vir addisionele stem namens ander opbetaalde lid) oor elke
afsonderlike aangeleentheid wat tot stemming gebring word.
20.4 Op die algemene jaarvergadering sal:-
20.4.1 Die notule van die vorige algemene jaarvergadering gelees word;
20.4.2 Die verslae van die voorsitter van die uitvoerende bestuur en die
President behandel word;
20.4.3 Die finansiële state van die vereniging behandel en bespreek word;
20.4.4 Voorstelle oorweeg word aangaande voorstelle vir verandering van die
Grondwet;
20.4.5 Sake van algemene belang bespreek word;
20.4.6 Die verkiesing van die aangewese ampsdraers van die takbestuur
geskied;
20.4.7 Aanwys van rekenkundige beampte van die tak;
20.4.8 Alle besluite sal by wyse van gewone meerderheidsbesluit beslis word.
21. SPESIALE ALGEMENE TAK VERGADERING:
21.1 Die tak bestuur het die reg en is daartoe verplig indien 5% van opbetaalde tak
stemgeregtigde lede hulle skriftelik sodanig versoek het, om met minstens 7
(Sewe) dae skriftelike of elektroniese kennisgewing ‘n spesiale algemene
vergadering te belê.
21.2 Slegs sake wat vooraf skriftelik versoek en op die sakelys van die vergadering
geplaas is sal hanteer word.
21.3 Sake lys bevatende die sake vir bespreking op die spesiale algemene
vergadering moet die kennisgewing van die vergadering vergesel.
22. ALGEMEEN:
22.1 Op enige vergadering van die vereniging sal stemming of by wyse van die
opsteek van hande of by wyse van geslote stembriewe geskied. Die
vergadering sal by magte wees om die wyse van stemming te bepaal.
22.2 Op alle vergaderings van die vereniging sal die Voorsitter ‘n gewone stem
sowel as ‘n beslissende stem hê.
22.3 ’n voorsitter mag nie ’n voorstel indien nie.
22.4 Voorstelle vir wysiging van die Grondwet sal alleen toegelaat word mits
kennisgewing van enige sodanige wysiging aan al die lede van die vereniging
gegee is minstens 21 dae voor die datum van sodanige vergadering. Die
kennisgewing kan skriftelik of elektronies en met plasing op die webblad
geskied. Wysiging van die Grondwet sal alleen kan geskied mits minstens
twee derdes van die aanwesige lede, daartoe instem.
22.5 Ingeval daar besluit word op die ontbinding van die vereniging, sal op ‘n
algemene uitvoerende vergadering deur minstens een derde van die ledetal
van die vereniging besluit word oor hoe daar beskik moet word oor die bates
van die vereniging. Indien minder as een derde van die ledetal op so ‘n
vergadering teenwoordig is sal die vergadering verdaag word vir ‘n tydperk van
21 (EEN EN TWINTIG) dae op welke datum die vergadering hervat en alle
sake afgehandel word ongeag van die aantal lede wat op so ‘n vergadering
teenwoordig is.
22.6 ‘n Besluit tot die ontbinding van die vereniging kan slegs op ‘n spesiale
algemene uitvoerende vergadering waar minstens een derde van die
opbetaalde lede teenwoordig is, geneem word.
23. ERE-TOEKENNINGS AAN LEDE:
‘n Ere-toekenning wat bekend sal staan as die “Honorus Signum” toekenning kan
toegeken word deur die Uitvoerende Bestuur aan ‘n lid wie minstens:
23.1 Vir ‘n ononderbroke tydperk van 5 (VYF) jaar ‘n volopbetaalde lid van die
vereniging was en uitsonderlike voortreflike en onbaatsugtige diens aan die
vereniging in die besonder of die jagsport in die algemeen gelewer het, of
23.2 Vir ‘n tydperk van 10 (TIEN) jaar op ‘n Bestuur en/of die Advieskomitee gedien
het.
24. TROFEEREëLS
Trofeekompetisiereëls kan slegs gewysig word op ‘n algemene uitvoerende
jaarvergadering nadat 7 (SEWE) dae skriftelike of elektroniese kennisgewing gegee is
van voorgestelde wysigings.