2025 – R300/J

Hier respekteer ons die kwalifikasies en kennis van ons kollegas in die toerisme en wildbewarings omgewing deur hulle ‘n bekostigbare opsie te bied om, volgens SA wetgewing, te voldoen aan die nodige vereistes rakende vuurwapen lisensies en toegewyde statusse onder Artikel 16 van die Wet.

Hierdie vergunning is slegs vir gelisensieƫrde Beroepsjagters.

Bosveld Jagters erken hierdie beroep se opleiding en hierdie lede kan hul Toegewyde Jagter- en of Sportskietstatus bekom deur “Erkenning van vorige Opleiding” proses te volg sonder om die kursusse voluit mee te maak.

Hierdie Lid Tipe eindig op die verval datum van die geldige lisiensie of permit, tensy die hernuwing betyds ingedien word om die lidmaatskap te laat hernu vir die volgende termyn.

Beroeps Jagters moet nadat hulle hierdie Lidmaatskap gekies het die volgende dokumente in leesbare duidelike formaat op hul LID REKORD laai:

  • ‘n Afskrif van die lid se GELDIGE Beroeps Jagters Lisensie onder UPLOAD DOC’s.

Hierdie dokument moet opdateer word voordat dit verval om opskorting van hierdie vergunnings lidmaarskap te verhoed.

NB: Kies die AANLYN TAK vir hierdie Lid Tipe