Hierdie lidmaatskap is vir persone onder die ouderdom van 18 jaar.

Lede in hierdie lidmaatskap tipe word outomaties oorgeplaas na Premium lidmaatskap sodra hulle 18 jaar oud word.

Hierdie lid tiepe kry Junior jare dienssertifikaat erkenning wat verstryk op hul 18de verjaarsdag waarna die volwaardige jare diens lidmaatskap erkenning sal begin tel.

  • ‘n Persoon wat jonger as 18 jaar is waar die datum waarop die aansluit,
  • Betaal geen aansluitings fooie nie,
  • Betaal geen jaarlikse ledegelde nie,
  • Het geen stemreg nie,
  • Geniet CHASA affiliaat lidmaatskap teen geen ekstra kostes nie,
  • Kan deelneem aan alle aksies aangebied onder die vaandel van die BOSVELD JAGTERS of CHASA, indien affiliasie fooie vir laasgenoemde vereffen is,
  • Kom in aanmerking vir BOSVELD JAGTERS kwalifikasies, prestasies, toekennings en erkennings waar hul ouderdom dit toelaat volgens die landswette,
  • Geniet volle dienste en voorregte soos aangebied deur die vereniging of sy takke, gratis of teen nominale fooie soos van tyd tot tyd bepaal deur ‘n Uitvoerende bestuursvergadering of Tak,
  • Kan nie dien op enige BOSVELD JAGTERS bestuur nie,
  • Die Junior lidmaatskap jare diens termyn verstryk op die dag waarop die lid 18 jaar geword het en sal dienooreenkomstig ‘n diens sertifikaat ontvang wat dit reflekteer.
  • Sal gekoppel word aan die lid se ouer(s) se lidmaatskap, indien hulle lede is of alternatiewelik deur hul ouers gemagtig word om te handel volgens die heersende landswette.
  • Øn Lid wat 18 word, sal drie maande voor die verjaarsdag, elektronies in kennis gestel word om ‘n ander lid tipe te kies voor die verjaarsdag. Die lid sal dan outomaties oorgeskakel word na die gekose lid tipe die dag na die lid se verjaarsdag. Indien geen keuse uitgeoefen word voor die lid se verjaarsdag nie sal die lid outomaties oorgeskakel word na Premium Lid en dienooreenkomstig gefaktureer word. Sodanige lid se volwasse lidmaatskap word vanaf hierdie oorskakelings datum erken en bereken.)

Lede kan vroegtydig aansoek doen by hulle onderskeie tak om ‘n Studente korting te ontvang.

Hierdie Lid Tipe geniet alle voordele van Premium Lidmaatskap behalwe dat hierdie lede nie mag dien op Tak of Uitvoerende Besture nie.

NEEM KENNIS: Hierdie lid kategorie is waar Bosveld Jagterstakke jeugdiges binne die ouderdomsbeperking op hierdie databasis vaslê met hul wettige ouers se toestemming, hetsy deur die inskrywing vir Junior- of Jagervarings opleiding of insluiting as ‘n gesin onder Parelidmaatskap.

Deel- of voltydse studente kan aansoek doen by hulle onderskeie takke vir 50 – 100% afslag nagelang hule bewyslewering.

Kom in aanmerking vir BOSVELD JAGTERS asook CHASA kwalifikasies, prestasies, toekennings en erkennings waar hul ouderdom dit toelaa

‘n Persoon wat ouer is as 18 jaar en wat jonger is as 24 jaar kan aansoek doen vir korting op ledegelde indien sodanige persoon as Premium Lid aansluit,

Hierdie kortings opsie is nie beskikbaar vir die gewone Lid tipe nie,

Voltydse studente moet jaarliks bewys lewer op die voorgeskrewe wyse van hul voltydse studies asook verklaar dat hulle geen inkomste verdien nie, versuiming van hierdie voorwaarde sal die lidmaatskap tipe outomaties oorskakel na lidmaatskap of vol lidmaatskap.

Deeltydse studente en in-diens opleiding studente moet bewys lewer van hulle studies en dat die studies nog nie voltooi is nie asook verklaar dat hulle beperkte inkomste verdien, laer as die bestempelde broodlyn marge in Suid Afrika

Indien deeltydse en of in-diens studente aan die vorige punt voldoen, kwalifiseer hulle vir ‘n verminderde fooi soos goedgekeur op ’n uitvoerende uitvoerende bestuursvergadering

Bewyslewering geskied deur voor einde Februarie van elke jaar amptelike verifieerbare bewyse van studie in te dien by die betrokke tak waaraan hulle verbonde is.

Het volle stemreg

Geniet CHASA affiliaat lidmaatskap teen geen ekstra kostes nie