Aanlyn Tak
E-Lede en Affiliaatlede inligiting
Aanlyn lede word geakkommodeer op ‘n volle virtuele model en word slegs onderteun deur e-pos kommunkasie,
Laeveld Tak
Met groot opwinding en trots kondig die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging die stigting van hul splinternuwe Laeveld-tak aan op 15 Januarie 2025. Hierdie historiese mylpaal is onlangs gevier tydens die amptelike opening by die pragtige Klipspringer Lodge, geleë in Nelspruit. Hierdie gebeurtenis, bygewoon deur lede, jagters en bewaring entoesiaste van regoor die streek, is ’n bewys van die Bosveld Jagters se onwrikbare toewyding tot jag, bewaring en sportskiet. Dit is ook ’n viering van die unieke rol wat jag speel in die volhoubare bestuur van ons natuurlike erfenis.

Die Laeveld-tak verteenwoordig nie net ’n uitbreiding van die Bosveld Jagters se geografiese bereik nie, maar ook ’n herbevestiging van die organisasie se kernwaardes. Die Bosveld Jagters, wat reeds diep gewortel is in Suid-Afrika se jag- en bewaring tradisies, het deur die jare ’n sentrale rol gespeel in die bevordering van etiese jagpraktyke en volhoubare bewaring. Met meer as 15 000 lede wat onder die sambreel van die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid-Afrika (CHASA) funksioneer, is die Bosveld Jagters ’n belangrike stem op nasionale vlak. Die stigting van die Laeveld-tak voeg ’n dinamiese nuwe dimensie tot hierdie trotse nalatenskap en beloof om jag- en bewaring tradisies nog verder te versterk in die Laeveld-streek.

Bosveld Jagters - Laeveld Tak
    0870930464     laeveld@bosveldjagters.co.za     Annüscha Jansen Van Vuuren    PostNet Suite 30, Posbus 11326
Nelspruit
1200     12 Zirconia Straat
Nelspruit
BJV Pietersburg Tak
Uitvoerende Bestuur
Sedert die stigting van Waterberg tak gedurende 1993 was dit nodig om ‘n oorkoepelende bestuursmeganisme te skep om lede in verskillende takke te ko-ordineer, veral gesien in die lig van vêdere takuitbreidings,
Die vereniging het dus op daardie stadium ‘n federale bestuurstelsel aangeneem waaronder die huidige 9 takke en hul lede funksioneer.
Die Uitvoerende Bestuur word saamgestel deur die volgende verkose Ampte binne die vereniging:
- President
- Uitvoerende Voorsitter
- Uitvoerende Vise Voorsitter
- Uitvoerende Sekretaris
- Uitvoerende Tasourier
Alle Tak:
- Voorsitters
- Vise Voorsitters
- Sekretarisse
- Tesouriers
Hierdie struktuur is die oppergesag van die vereniging wat demokraties die vereniging bestuur.
Letaba Tak
Letaba tak van BJV is op 3 Februarie 1994 gestig met 31 lede. Die tak toon ‘n bestendige groei sodat daar tans meer as 700 lede in die tak is, wat dit die grootste nie-winsgewende organisasie in die omgewing maak.
Elke jaar word daar verskeie interessante aktiwiteite aangebied (sien die jaarprogram), met opleiding in jag en die natuur een van die vernaamste doelwitte – baie klem word veral gelê daarop om by kinders en jongmense ‘n liefde vir die natuur aan te kweek.
Letaba tak beskik oor ‘n natuurbewaringsgebied net buite die dorp, waarvan die ontwikkeling tans aan die gang is. Die helfte van die gebied is reeds met wildwerende heining toegespan met behulp van borge en daar word steeds gewerk om nog fondse te in vir die res van die heining en ander fasiliteite.
Dit is voorwaar ‘n pluimpie vir die lede van die Letaba BJV dat daar met soveel ywer en entoesiasme aan die uitbouiing van die jagsport en natuurbewaring gewerk word en die positiewe groei in ledetal bewys dat daar van wenresepte gebruik gemaak word!!!
Pietersburg Tak
Die Bosveld Jagters en Wildbewaringsvereniging is in Augustus 1969 gestig in Pietersburg.
Daar het in daardie stadium geen takke bestaan nie. Dit kan beskou word as die ontstaan van Pietersburg tak.
Die ledetal het gegroei tot meer as 900 lede, wat dit die grootste tak in die BJV maak. Daar word jaarliks verskeie opleidings geleenthede gebied wat die volgende insluit: Junior- 1 en 2, CHASA-, spoorsny- en herlaai kursusse.
Kremetart Tak
Kremetart tak is geleë in Musina op die Zimbabwe grenspos (Beitbrug)
Musina is ‘n klein plattelandse dorpie met baie aangename en vriendelike mense
Magaliesberg Tak
Die Magaliesberg tak is gestig op 11 September 2003.
Die aanvanklike rede vir die stig van die tak was om bestaande BJV lede wat na Gauteng verhuis het, te diens.
Die tak het sederdien `n tak in eie reg geword wat bestendig groei.
Die tak bied jaarliks `n vol program aan wat onder meer insluit junior opleiding, senior opleiding, skietdae en sosiale funksies. Ons beywer ons om die hele gesin te betrek en daarom sluit ons handwapenskiet, boogskiet, kleiduif en jaggeweer in by ons skietdae.
Die takbestuur se doelwit is “Om `n diens aan ons lede en potensiele lede te bied op so wyse dat hulle ons verkies bo soortgelyke verenigings tot voordeel van die tak en elke lid”.
Die Magaliesberg tak van die BJV bied dus `n uitstekende alternatief aan die publiek. Ons moedig lede aan om aktief betrokke te wees by aktiwiteite en sodoende deel te word van `n positiewe groep jagtersfamilie wat mekaar se geselskap waardeer, mekaar se tekortkominge aanvul en waar goeie sportmangees hoogty vier.
Soutpansberg Tak
Soutpansberg tak is in Louis Trichard gestig gedurende Februarie 1996 en bedien die SPutpansberg gebied.
Dis een van die groter takke en bied buitengewone diens aan hulle lede.